Community

Senior burgers samesyn

Senior burgers samesyn

Northam – Op Donderdag, 15 Februarie, het van die senior burgers van die kontrei byeengekom vir ‘n lieflike samesyn op die De Putt Plotte van Annatjie Potgieter. Die Platinum Bushvelder koerant was bevoorreg om genooi te word na hierdie geselligheid. 


Die atmosfeer was hartlik, en soos die gaste arriveer het was daar eers gegroet en lekker gesels met ‘n boeretrosie. Daarnaas is geestelike liedjies gesing voor dominee Pedri van Rooyen geopen het met skriflesing en gebed. 

Díe groepie kom elke maand sedert die begin van 1998 af bymekaar. “Ons het vroeg 1998 die geestelike geselligheid van stapel gestuur en nog nooit ‘n maand oorgeslaan nie!” sê Annatjie Potgieter en Elize Kruger, stigters van die groep. “Ons het die groep gestig omdat baie van ons senior lede eensaam is. Hier is geen kerk verbonde nie, en verskeie leraars aan die gemeenskap kom deel hul wysheid met ons.” 


Alett Grobler, een van die groeplede, vertel: “Ons word altyd so lekker bederf met ‘n driegangmaaltyd, en as iemand verjaar word daar geskenkies uitgedeel. Ons is baie dankbaar en aan God alle eer!” 


Annatjie Potgieter nooi alles senior burgers om aan te sluit. Vir meer informasie kontak haar by 071-896 4236. 

Van links: Annatjie Steyn, Rina Steyn en Elize Kruger 
Piet Zwart en Mieta Viljoen
Ds. Pedri van Rooyen groet almal hartlik

 

More local news