Strewe VLU byeen

Thabazimbi – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Strewe-tak het op Maandag, 7 Augustus by Charmain Breitenbach se huis in Mooivallei te Thabazimbi bymekaargekom.
Haar skoondogter, Tamara Orton, het die groep vrouens toegespreek oor haar stryd teen anorexia. Haar getuienis was verrykend en insiggewend.
Ook het Breitenbach meer vertel oor die ‘persoonlikheid van die jaar’, Ina Wilken.
Die Strewe-tak se volgende vergadering vind plaas op 12 September by die Sentrum Boeresaal, waar blommerangskikking deur Flora Unie aangebied sal word. Vir meer navrae, skakel Ilna Schutte by 082-774 8803.
