HANDE VOL VISSE

Thabazimbi – Die Thabazimbi Hengelklub het die naweek van 17-18 Februarie hul maandelikse hengel kompetisie by Fyndraai Roodekoppies aangebied. Die kompetisie het sowat 14h00 Saterdagmiddag afgeskop en 24 uur later is die wenners aangewys.
Die wenners is bepaal deur die hengelaars wat die meeste punte bymekaar gemaak het, naamlik 10 punte per kg en 10 punt per vis. Die manne en manninne het hul hande vol gehad en moes hard werk om die visse te laat byt.
Die wenners is as volg:
- Penkoppe: 1) Tiaan Swanepoel, 2) MJ Kloppers, en 3) Ewald Botha
- Dogters: 1) Dalize Botha, en 2) Marijuzé Parau
- Juniors: 1) Tommy Swanepoel, 2) Dylan Nortier, en 3) PJ Bezuidenhout
- Dames: 1) Sandra Swanepoel
- Meesters: 1) Nicolene Heydenrych, 2) Johann Schoeman, en 3) Ronnie Mulighan
- Seniors: 1) Tommy Swanepoel, 2) Hans Maritz, en 3) Deon Bender
Die volgende kompetisie vind plaas op die naweek van 10-11 Maart, vir navrae kontak: thabahengel@gmail.com.
