Kospotte raak leeg by Thabazimbi Homeless Shelter

Thabazimbi — Die Thabazimbi Homeless Shelter, ‘n toevlugsoord vir dié wat die minste het, staar tans finansiële druk in die gesig ná die onlangse vakansiedae. Shelter-voorsitter Beverley Spira Kühn doen nou ‘n nederige beroep op die gemeenskap vir hulp.
“Ons hou nie daarvan om te vra nie, maar ons kort tans sowat R4,500 om al ons uitgawes te dek,” sê sy. Daar is ook ‘n dringende behoefte aan vleis en nie-bederfbare voedsel om die inwoners te kan voed. Die skuiling, wat afhanklik is van donasies, bedien daagliks mense wat nie ‘n ander heenkome het nie. “Enige iets help – selfs ‘n paar rand maak ‘n verskil,” voeg Beverley by.
Donasies kan direk in die skuiling se bankrekening gemaak word:
FNB Thabazimbi
Rekeningnommer: 62901130948
Vir enige verdere navrae of hulp kan Beverley gekontak word by 078 403 1813.
“Baie dankie aan almal wat ons reeds help om die tehuis oop te hou. Mag die Here julle ryklik seën,” sê sy.
