Schools & sport

ROOI VIR ROEM OBARO bederf Frikkie Meyer se eerstespanne

4 June 2025 · Platinum Bushvelder

ROOI VIR ROEM
OBARO bederf Frikkie Meyer se eerstespanne

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer se rugby, netbal en hokkie eerstespanne pronk nou met hul splinternuwe rooi baadjies, danksy ‘n waardevolle borgskap van OBARO Thabazimbi. Die simboliese oorhandiging het op Maandag 12 Mei 2025 plaasgevind en is met groot trots ontvang.

Die kenmerkende rooibaadjie is nie net ‘n kledingstuk nie, maar ‘n teken van toewyding, prestasie en skooltrots – iets wat elke eerstespeler met waardigheid dra.

“Ons is opreg dankbaar vir OBARO se ondersteuning,” sê die skool. “Hierdie baadjies is ‘n visuele herinnering aan die harde werk en opoffering wat dit verg om deel van ‘n vlagskipspan te wees.” Die eerstespanne van Hoërskool Frikkie Meyer straal beslis – op en van die veld af!

Photo: OBARO Thabazimbi het Hoërskool Frikkie Meyer se 1ste rugbyspan bederf met pragtige rooi baadjies – ‘n simbool van trots en prestasie!