Community

WARM HARTE, VOL SOP BOTTELS

4 June 2025 · Platinum Bushvelder

WARM HARTE, VOL SOP BOTTELS

Thabazimbi – Diensbaarheid is nie net ’n woord in die Voortrekkerkode nie – dit is ’n leefwyse. Ysterberg Voortrekkers het dit onlangs gewys toe hulle hul jaarlikse winterprojek aangepak het met warmte en omgee.

In samewerking met hul ouers en offisiere het die jong Voortrekkers 20 bottels vol sop vir die Sop in ’n Bottel-projek voorberei en geskenk aan die Thabazimbi Homeless Shelter. Die oorhandiging het op Woensdag 14 Mei plaasgevind, met jeugleier Raymond Wolfaardt en veldkornet Danie Naudé wat die skenking aan raadslid Beverley Spira Kühn oorhandig het.

“Baie dankie aan elke Vorie, ouer en offisier wat tot die projek bygedra het – julle diensbaarheid maak ’n verskil,” het Naudé gesê.

Dis nou lekker koud – en elke bottel beteken ’n bietjie warmte vir iemand wat dit regtig nodig het. Wil jy ook betrokke raak? Kontak ons:

  • Karin Naudé 083 996 3237
  • Annamart Jarman 083 262 4561
  • Ronelle du Plessis 079 712 6006
  • Nelia Pieterse 073 093 2169

www.voortrekkers.co.za
HOU KOERS!

Voortrekkers dien hul gemeenskap

Foto: Van links: Danie Naudé (Veldkornet, Ysterberg Voortrekkers), JR van der Westhuizen, Raymond Wolfaardt (Jeugleier, Ysterberg Voortrekkers), en Beverley Spira Kühn (Raadslid, Thabazimbi Homeless Shelter) tydens die oorhandiging van die sopbottels.