Frikkie Meyer skitter by Pierneefteater

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer het Saterdag, 24 Mei 2025, die verhoog aan die brand gepraat by die Pierneefteater Kunstefees 2025!
Die skool se talentvolle leerders het met hul indrukwekkende vertolkings van poësie, prosa en monoloë die gehoor bekoor en beoordelaars beïndruk. ’n Groot geluk aan die uitblinkers: uit Graad 8 – Bertus Els, Drika van der Merwe, Liane Thuynsma en Tanithe Smith; en uit Graad 11 – Andri van Emmenis, Carli Fouché en Deane Prinsloo. Julle stemme het weer gewys dat Frikkie Meyer se kultuurtrots lewendig en kragtig is!
Photo: Van links: Drika van der Merwe, Deane Prinsloo, Carli Fouche, Andri van Emmenis, Liane Thuynsma en Bertus Els.
