Skoot vir skoot na sukses – Johan blink uit in Limpopo Liga

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer se jong skut, Johan Badenhorst, het op Saterdag 31 Mei 2025 uitgeblink by die 3de Limpopo Skyfskietliga in Louis Trichardt. Johan het tweede plek in die staanposisie en derde in die knielposisie behaal, en ook ’n brons medalje in die Sporter onder 16-afdeling verower. ’n Merkwaardige prestasie wat sy toewyding en talent beklemtoon. Welgedaan, Johan!
