Helder kleure by VLU Northam

Northam/ Swartklip – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Donderdag, 10 Augustus, vergadering gehou in die Metodiste kerksaal te Swartklip. Daar is tafeldoeke geverf en te heerlik gekuier.
Celia Goosen en Koekoes van der Westhuizen se handgemaakte verjaardagkaartjies is ook uitgedeel.
Om deel te wees, of enige navrae, kontak gerus die skakelbeampte Chantell Steynberg by 061-326 2724.
