Ls Thaba atlete presteer

Thabazimbi – Drie atlete van die Laerskool Thabazimbi is uitgenooi na die Suid-Afrikaanse atletiek kampioenskappe.
Carli Fouché het ‘n silwer medalje verower in gewigstoot vir dogters o/10; die kwalifiserende afstand vir SA standaarde is 8.1m vir díe kategorie.
HJ Koekemoer neem deel aan die 80m seuns o/10: die kwalifiserende tyd vir SA is 11,09 sekondes. Hy neem ook deel aan die 100m, waar 13.72 sekondes die SA kwalifiserende tyd is.
Chénell Fouché verower ook ‘n silwer medalje in gewigstoot vir dogters o/13, die kwalifiserende afstand vir SA standaarde is 10.6m vir díe kategorie.
Welgedaan atlete!
