Skoot vir Skoot, Medalje vir Medalje!

Thabazimbi – Johan Badenhorst van Hoërskool Frikkie Meyer het Saterdag, 16 Augustus 2025, sy mikvas bewys tydens die Limpopo Luggeweer-kampioenskappe. Hy het drie bronsmedaljes verower in die 3-Posisie afdeling, 10m Olympic en ook algeheel in die o.16 Sporter-afdeling.
As kersie op die koek, is Johan ook gekies vir die Limpopo-span wat die provinsie by die SA Kampioenskappe van 5 tot 9 Oktober gaan verteenwoordig. Baie geluk en sterkte, Johan – mik hoog, jy tref die teiken elke keer!
Foto: Johan Badenhorst, ’n trotse medaljewenner en Limpopo-spanlid, is reg om sy merk te maak op die nasionale verhoog.
