Community

VLU Northam, top tak vir 2017

VLU Northam, top tak vir 2017

Northam/ Setaria – Die Northam Vroue Landbou Unie (VLU) tak is tydens die 23ste konferensie te Setaria as top tak van 2017 aangewys. 

Die trofee is met trots ontvang! “Daar is hard gewerk gedurende 2017 en 2018 is vir ons ‘n groot uitdaging om daarop te verbeter!” 

Chantell Steynberg is ook aangewys as top skakelbeampte van die Bosveldstreek vir 2017. Baie geluk aan die lede wat pryse ontvang het vir hulle artikels. 

Vir verdere inligting in verband met die VLU, kontak gerus Chantell Steynberg by 061-326 2724.

Chantell Steynberg, skakelbeampte van die Northam VLU-tak, neem haar prys in ontvangs van Maritsa Jacobs, skakelbeampte van Bosveldstreek VLU-tak.     
Voor van links: Madeleine Meintjes; Ria Strydom, Bosveldstreek voorsitter; en Riana Oosthuizen, voorsitter. Middel van links: Angela Potgieter; Celia Goosen, sekretaresse; en Natasha Prinsloo, tesouriere. Agter van links: Desré Jansen van Vuuren; Marie Meintjes; Tersia Coetzee; Karin Swanepoel; Marinda Gagiano; Marietjie van der Merwe; Anneke Gagiano, en Chantell Steynberg, skakelbeampte.

 

More local news