Smaaklike preservering by VLU Zonneblom

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak, het op Dinsdag 6 Maart hul maandelikse takvergadering gehou te Setaria.
Rhona Jacobs en Thereasa Tolmay was die gasvrouens van die dag en het die groep vrouens touwys gemaak in die kook, inlê en preservering van fyn tamatiekonfyt.
Om deel te word van hierdie dinamiese groep vrouens, skakel gerus vir Michelle Smit, skakelbeampte by 081-807 3637 of WhatsApp 078-248 5376.
