HFM kondig sy 2026-hoofleiers aan!

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer is trots om hul 2026-hoofleierspan aan te wys! Hierdie jong leiers gaan nie net die vaandel van HFM hoog hou nie, maar ook met trots, waardigheid en toewyding dien.
Die nuwe hoofseun, Herman Prinsloo, en hoofdogter, Ané Coetzee, sal saam met hul onderhoofleiers en die SR van 2026 leiding neem en die skool se trotse tradisies voortsit.
- Onderhoofseuns: Lefa Motlhabane en Willburdt Myburgh
- Onderhoofdogters: Mariané Viljoen en Andri van Emmenes
Met sterk waardes en ‘n passie vir hul skool, beloof hierdie span om 2026 ‘n jaar van trots, groei en samehorigheid te maak vir elke HFM-leerder.
