Schools & sport

Skietdag ten bate van Laerskool Dwaalboom 24 Maart 

16 March 2018 · Platinum Bushvelder

Skietdag ten bate van Laerskool Dwaalboom 24 Maart 

Dwaalboom – ‘n Ghongskiet, 2D- en 3D- boogskiet kompetisie word op 24 Maart by die Dwaalboom skietbaan aangebied. 

Die SA Jagtersvereniging van Thabazimbi bied die ghongskiet kompetisie aan, en die Thabazimbi Boogklub bied die 2D- en 3D- boogskiet kompetisie aan. 

Kaartjies vir die ghongskiet en boogskiet kompetisie beloop R50 per baan, en R10 per baan vir die kinders se pelletskiet en kettieskiet. 

Hope pryse is op die spel! Bring jou gesin en kom geniet die skietdag! Verversings sal beskikbaar wees. 

Vir meer informasie, kontak Alta by 076-096 8493.