Kom gooi ‘n lyn in die water!

Thabazimbi – Die Thabazimbi Hengelklub bied hul volgende hengelkompetisie op 25 Maart aan by Fyndraai.
In die kompetisie, die Bosveldtrofee, sal die vier omliggende myne se beste 12 hengelaars teen mekaar meeding. Daarnaas vind die klub se April kompetisie plaas op 15 April by die Northam Platinum Konsentrator.
