Community

Kom vier Paasfees in Thabazimbi

Kom vier Paasfees in Thabazimbi

Thabazimbi – Die NG Kerk Thabazimbi gaan hierdie Paasnaweek die sterwe en opstand van Jesus Christus vier. Die Paasverrigtinge word verdeel oor die hele naweek sodat mense uit ons gemeenskap kan kom aansluit en saam vier.

Mara Morrison het aan die Platinum Bushvelder koerant verduidelik dat hierdie jaar se Paasgebeure reeds afskop op Donderdag 29 Maart om 18h00 met ‘n heerlike saameet geleentheid, waar ons kan saam vier en deel wees van die herinnering aan God se groot liefde vir ons, Sy kinders. Kaartjies beloop R60 per volwassene en R30 vir kinders en  pensioenarisse.

Op Vrydag 30 Maart – Goeie Vrydag – breek hulle brood en drink die wyn as nagedagtenis van hierdie offer deur die Nagmaal saam te gebruik om 8vm. Let asb dat die diens dus vroeër as gewoonlik begin Op Sondag 1 April. 

Maandag aand, 2 April, sluit die NG Kerk Thabazimbi hulle vieringe op ‘n hoë noot met ‘n gratis opvoering vir die mense van Thabazimbi. ‘n Studentegroep van die Universiteit van Pretoria hou ‘n spesiale opvoering in die kerksaal. Verrigtinge sal om 18h00 afskop en is gratis vir almal. 

Vir enige verdere navrae skakel gerus vir Trudie Allan by die kerkkantoor op 014-777 2183 of 014-772 2270.

 

More local news