Community

VLU Bosveldstreek se 23ste konferensie

VLU Bosveldstreek se 23ste konferensie

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) se Bosveldstreek het hul 23ste konferensie gehou te Setaria tussen 27-28 Februarie, aangebied deur die Zonneblom VLU-tak. 

Dag een het die groep vrouens hul voorslag met blommekuns kom uithaal en wys met temas soos ‘Bosveld in ‘n Mandjie’, ‘Veldteksture’, ‘Sonsondergang’ en ‘Jagterstrots’. Dit was prentjiemooi! 
Die uitstalling van 2017 artikels was uit die boonste rakke en beoordelaars het behoorlik kopgekrap om die wenners te kies. 

Die volgende dag was die konferensie op die kaarte. Die saal was voortreflik opgetooi deur die Zonneblom VLU-tak. 

Dominee de Jager het op ‘n gepaste wyse die verrigtinge begin en uit Prediker 2:1 gepreek. Hy sê: “Lewe in oorvloed, want Jesus gee vir ons ‘n lewe van oorvloed.  Elke vrou is geliefd, uniek en spesiaal.”

Die gaste was: Leanda le Cornu, Nicolette Steel, Tharina Rossel, Lilian Weber, Marita Eckard,  Annatjie Dreyer, Wilma van den Heever, Joan Beukes, Desiree Kruss, Magda van der Walt en Arina Brink.

Die amptelike opening is behartig deur die Bosveldstreek VLU president Leanda le Cornu. “Die grootste geskenk wat jy iemand kan gee is aanmoediging,” sê sy. “Ken die mense om jou se omstandighede, deel jou vaardighede en wees ‘n onvoorwaardelike vriendin.”

‘n Spesiale huldeblyk was gebring aan Mara Lottering van die Beauty Tak, wat voorwaar baie vir VLU beteken het. Desiree Kruss het ‘n kers ter ere van Mara aangesteek.

Magda van der Walt, ‘n pêrel-vrou van VLU het ook geskitter. Hierdie formidabele vrou is blind, maar laat haar deur niks onderkry nie. Sy het die Comrades al vier keer voltooi. Sy hekel graag, en het is ‘n voorslag in brei en naaldwerk. Sy is voorwaar ‘n voorbeeld vir vroue. 

Hiermee die lidmaatskap toekennings: 
VYF JAAR 

Naomi Groenewald, Baltimore
Ina Kotze, Vaalwater
Linetha Fourie, Ellisras    
Zona Visser, Vaalwater
Henriette Vorster, Ellisras    
Popsie Fletcher, Vaalwater    
TIEN JAAR 
Annalise Thornhill: Beauty
TWINTIG JAAR 
Ria van Zyl: Strewe    

Hiermee die spesiale toekennings tydens die prysuitdeling:
Lid met hoogste totaal in streek artikels:     Altie van der Linde (Beauty)
Lid met hoogste totaal in provinsiale artikels: Altie van der Linde (Beauty)
Lid met die algehele hoogste totaal: Altie van der Linde (Beauty)
Top skakel van die jaar: Chantelle Steynberg (Northam)
Top tak, admin: Northam
Wen tak: Beauty

Nicolette Steel, gasspreker.
Zonneblom tak was die gaste. Voor van links: Lenada Le Cornu, Ria Strydom, en Gerda Smit. Agter van links: Magda Meyer, Thereasa Tolmay, Maritza Hasebroek, Nellie Vosloo, Michelle Smit, Rhona Jacobs, Sus Rohrbeck, en Ronette Mitchell.

 

More local news