‘n Bielie van ‘n veiling

Thabazimbi – Thabazimbi Wildife Services het ‘n suksesvolle veiling op Woensdag, 7 Maart, van stapel gestuur.
Die volgende is opgeveil: buffels 92, baster gemsbokke 29, gemsbokke 30, swartwitpense 69, goue wildebeeste 50, swart rooibokke 22, saalrug Rooibokke 4, en Njalas 25.
Die buffels was die groot aantrekkingskrag vir die dag. Henri Enslin van Visarendsvlei en gasverkoper van die buffels, se omset vir hierdie dag was R8.4 miljoen.
Visarendsvlei se volgende veiling is geskeduleer vir 15 Augustus.
‘n Spesiale bedanking is aan Thabazimbi Wildlife Services, Visarendsvlei en CdP Auctioneers gemaak vir die suksesvolle veiling.
