Schools & sport

HFM kolf hul pad na Limpopo-kroon

26 October 2026 · Platinum Bushvelder

HFM kolf hul pad na Limpopo-kroon

Platinum Bushvelder koerant | Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer se o.15-krieketspan het die seisoen met ’n provinsiale kroon beklink nadat hulle Hoërskool Ben Viljoen in die Limpopo-krieketfinaal geklop het op Saterdag 17 Oktober 2026.

Die oorwinning besorg aan dié jong spelers die titel van Limpopo-kampioene en gee die HFM-skoolgemeenskap behoorlik rede om trots te wees. In ’n gelukwensingsboodskap het die skool sy trots op die span uitgespreek en ook die afrigters bedank vir hul toewyding, leiding en harde werk deur die seisoen.