Schools & sport

Bertus gooi sy gewig in vir Limpopo se derde plek

30 October 2026 · Platinum Bushvelder

Bertus gooi sy gewig in vir Limpopo se derde plek

Bertus Els van Hoërskool Frikkie Meyer in aksie op die jukskeibaan.

Platinum Bushvelder koerant | Thabazimbi – Nege wedstryde en ’n derde plek – dít was die uitkoms toe Bertus Els van Hoërskool Frikkie Meyer saam met Limpopo se o.16A-jukskeispan op die baan aangetree het. Bertus is vir dié provinsiale span gekies wat op Saterdag 17 Oktober 2026 aan die Bondedag in Pretoria deelgeneem het. Ná nege wedstryde het die Limpopo-span ’n uitstekende derde plek behaal.

Hoërskool Frikkie Meyer het Bertus met sy prestasie gelukgewens en hul trots uitgespreek oor die wyse waarop hy die skool se naam hoog hou.