Crime & safety

Vyf gearresteer vir koper diefstal

18 August 2017 · Platinum Bushvelder

Vyf gearresteer vir koper diefstal

Koedoeskop/ Thabazimbi – Vyf verdagtes is op Vrydagaand, 11 Augustus te Mambamyn Koedoeskop gearresteer. Daar is ook beslag gelê op twee voertuie en 60m koperkabel.

“Twee van die vyf verdagtes is drywers. HPG (Heritage Protection Group) in samewerking met die Thabazimbi Polisie asook boere in die gemeenskap, het die verdagtes vasgetrek,” aldus  Sakkie Lourens, direkteur van HPG.

Die ander voertuig waarop beslag gelê is.

“Ek het verby hulle gery en gesien dat hulle koperkabels by hulle het. Ek het gesien dat hulle besig is om dit te steel en dadelik die HPG lede gebel en hulle in kennis gestel. Van die boere in die gemeenskap het dit ook opgemerk en dadelik kom hand leen,” sê Cornelius Tumo, woordvoerder van die Thabazimbi Polisie Stasie.

Een van die voertuie waarop beslag gelê is.