Schools & sport

XKT skop stof in Johannesburg se oë

6 November 2026 · Platinum Bushvelder

XKT skop stof in Johannesburg se oë

Thabazimbi XKT se span ná hul suksesvolle deelname aan Battle in the East. Agter van links: Jennifer Branders, senpai Willem Henning, sensei Chris Pretorius, sensei Justin Olivier en Diwan van den Berg. In die middel: Xander Pretorius en Cate Fortune, met JJ Swart voor hulle. Heel voor, van links: C

Platinum Bushvelder koerant | Thabazimbi – Met nege goue, nege silwer- en agt bronsmedaljes het Thabazimbi XKT Kickboxing se atlete gewys hulle staan hul man op die kompetisievloer. Die span het op Saterdag 24 Oktober 2026 aan Battle in the East in Johannesburg deelgeneem. Altesaam 30 klubs was in aksie, met meer as 250 gevegte wat gedurende die kompetisie beslis is.

Carli-Ann Pretorius het met drie goue medaljes uitgeblink, terwyl Xander Pretorius vier medaljes oor verskillende afdelings ingepalm het. Die span se gesamentlike oes van 26 medaljes het gesorg vir ’n trotse terugkeer huis toe.

Die volledige uitslae is:
• Devandre Nepgen: Brons in die punte-afdeling, Continuous Fighting en Kick Light.
• Matthew van Niekerk: Brons in die punte-afdeling en Continuous Fighting.
• Roald van den Berg: Brons in die punte-afdeling en Continuous Fighting.
• Diwan van den Berg: Silwer in die punte-afdeling, Continuous Fighting en Kick Light.
• Carli-Ann Pretorius: Goud in die punte-afdeling, Continuous Fighting en Kick Light.
• Xander Pretorius: Goud in die punte-afdeling en Hard Style Weapons, silwer in Continuous Fighting en brons in Kick Light.
• JJ Swart: Silwer in Continuous Fighting.
• Cate Fortune: Silwer in die punte-afdeling.
• Jennifer Branders: Goud in die punte-afdeling en Kick Light, en silwer in Continuous Fighting.
• Justin Olivier: Silwer in K1.
• Willem Henning: Goud in K1 en Continuous Fighting.

Die atlete is deur sensei Chris Pretorius, sensei Justin Olivier en senpai Willem Henning vir die kompetisie voorberei. Agter elke medalje lê ure se oefening, dissipline en deursettingsvermoë – eienskappe waarmee dié span Thabazimbi se naam hoog hou.