Weerbaarheid by VLU Northam

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het vergader te Swartklip op 22 Maart. Johan Young, veiligheids-verteenwoordiger van die Northam Boerevereniging het die lede toegespreek oor veiligheid op plase en in die dorp. Klem is gelê op paraatheid en om altyd bewus te wees van wat om jou aangaan en nie vrylik inligting uit te gee nie.
Die groep vrouens het ook kultuurdag gevier en lede het verskillende boerekosse gemaak. Van die lede het soos boere aangetrek.
Riana Oosthuizen (voorsitter) en Celia Goosen (sekretaresse) het ‘n pewter klas aangebied en die lede het dit vreeslik geniet.
Om deel te wees van VLU Northam groep of enige inligting, skakel die skakelbeampte Chantell Steynberg, by 061-326 2724.
