Community

NORTHAM BUILD IT WENNERS

NORTHAM BUILD IT WENNERS

Northam – Op Maandag 9 April is die gelukkige wenners van die Northam Build it prystrekking aangewys. 


Veels geluk aan Tersia Steyn en Donald Ntshudisane! Tersia is 72 jaar oud en duidelik steeds jonk van gees! Sy het aan die Platinum Bushvelder vertel dat sy gereed is om die wêreld te verken op haar nuwe trapfiets. “Ek is nie te oud om fiets te ry nie, hierdie is nou my rooi Ferrari !” het sy deur die glimlag gesê.


Albei wenners is hartlik geluk gewens deur die nuwe bestuur van Northam Build it, Piet en Dalene Snyman.

“Ons is baie gelukkig om betrokke te kan raak by die gemeenskap en wil graag die beste diens aan ons klante gee,”

het Piet aan die Platinum Bushvelder gesê.


Alle Northam Build it klante kon ‘n kans staan om ‘n fiets te wen; al wat hulle moes doen, was om hul strokie in die kompetisie boks te gooi. 

Dalene en Piet Snyman, nuwe bestuurders van Build it Northam.
uandré Jansen van Build it oorhandig ‘n splinternuwe fiets aan die gelukkige wenner, Tersia Steyn.
Herman Sekoboane van Build it wens ‘n hartlike geluk aan die tweede fiets wenner, Donald Ntshudisanes.

 

More local news