Community

Help TAR om diere te help

Help TAR om diere te help

Thabazimbi – Daar is pragtige hondjies beskikbaar vir aanneming by Thabazimbi Animal Rescue (TAR). TAR is ‘n organisasie wat na die welstand van diere in die Thabazimbi omgewing omsien. Die organisasie is nie winsgedrewe nie en verwelkom dus enige donasies om beter vir die brakkies te sorg. Kontak hul op 084-885 6487, of besoek hul Facebookblad by

https://www.facebook.com/tbzanimalrescue/.

Die volgende hondjies is beskikbaar vir aanneming:

Coco, een jaar oud, x-breed tefie. Sy is baie goed met kinders en ander viervoetige troeteldiere.
Chanelle, x-breed tefie, een jaar oud. Sy is ook baie goed met kinders en ander viervoetige troeteldiere.
Leeu, twee of meer jaar oud, reun, bokkie hond. Leeu het ‘n gesin nodig wat baie aandag en liefies kan gee. Hy is nie goed met kinders nie

 

More local news