ONVERGEETLIKE PAASKONSERT

Thabazimbi – ‘n Paar studente van Tukkies het Thabazimbi vermaak met ‘n onvergeetlike konsert by die NG Gemeente van Thabazimbi, op Maandag 2 April.
Die studente het ‘n spesiale Paasprogram rondom die Emmausgangers se verhaal opgevoer. Hulle het die verhaal afgewissel met lofsange en dans. Almal wat dit bygewoon het was werklik aangeraak deur die verhaal en die studente se entoesiastiese deelname.
Die program was geëindig met smullekker koffie en beskuit.
Die studente beplan om volgende jaar weer die gemeenskap te kom besoek.
Vir meer informasie oor Thabazimbi NG Gemeente, kontak Trudie Allan op 014-772 2270 gedurende kantoorure. Dienstye vind plaas om 09h00 en kategese om 08h00.
