Warm hartjies in die koue winter

Thabazimbi - Die winter is op ons voorstoep en ons moet weer die warm klere uithaal vir die koue wat nader kruip. Meeste moeders sal weet dat die kinders nie meer in hul wintersklere van laasjaar sal pas na die somer nie.
By Bethlehem, huis van heenkome, sit ons met dieselfde probleem. Die enigste verskil is dat ons by Bethlehem baie meer minderbevoorregte lyfies het wat warm klere benodig die winter. Kindertjies wat baie graag ook die winter in hulle warm slaapklere wil slaap en snoesig tussen die warm komberse aan die slaap wil raak. Die kinders se groot behoeftes die winter is o.a. warm komberse, handdoeke, baadjies, langbroeke, serpe, skoene, kouse, mussies en lyfroom.
Indien enige iemand belang sou stel om te help om die kinders van Bethlehem se harte en lyfies warm te maak, maak asb jul harte en beursies oop en help ons om die kinders te help hierdie winter.
Vir donasies, skakel asb 082-893 4208. Enige donasies kan ook by die Platinum Bushvelder kantore afgelaai word by 59 van der Bijl straat.
