VLU Northam vier 29ste bestaansjaar

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het tydens hul vergadering op Donderdag, 12 April, ‘n glasie op hul 29ste bestaansjaar geklink.
Riana Oosthuizen, voorsitter, het die lede meer vertel oor tafel etiket en gewys hoe ‘n formele tafel gedek moet word. Chantell Steynberg, skakelbeampte, het die lede aan Sophia Kapp (skrywer van die jaar) bekend gestel en van haar boeke is ook uitgestal.
Om deel te wees van VLU Northam-tak of vir verdere navrae, skakel Chantell Steynberg by 061-326 2724.
