Schools & sport

HFM leerder skop kontrak los by Blou Bulle!

4 May 2018 · Platinum Bushvelder

HFM leerder skop kontrak los by Blou Bulle!

Thabazimbi – William Thulare, kranige speler van Hoërskool Frikkie Meyer (HFM), wat onmiddellik bekendheid verwerf het na die allemintige skop in die finaal teen Ben Vorster, het onlangs ‘n aanbieding van die Blou Bulle rugbyunie gekry.


Hulle neem hom op in die kamp om deel van die Bulle se span spelers te word wat rugby as ‘n professie beoefen.


William se kontrak sluit onder andere ‘n maandelikse inkomste, verblyf in een van die rugby huise in en toegang tot al die fasiliteite.

Ontwikkeling op persoonlike vlak word ook gedoen en uiteraard word daar geleenthede gebied vir provinsiale en nasionale verteenwoordiging.
Baie geluk en sterkte, William!

Van links: William Thulare en Pierre van Jaarsveld, span organiseerder en afrigter.