Hope pret by Koedoeskop Fees

Koedoeskop – Vanjaar se Koedoeskop Fees op Saterdag, 28 April, ter fondsinsameling vir die NG kerk, het twee keer soveel voete gelok as in 2017!
Die fees, meer bekend as die ‘Koedoefees’, het gesorg vir gróót pret! ‘n ‘monster truck’ het oud en jong rond karwei. Daar was ‘n trein vir die kleingoed, spring kastele en boeresport.
Allerlei stalletjies met eet- en drinkgoed, en ‘n 5km pretdraf, het gesorg vir ‘n gesellige atmosfeer.
