Ontmoet Foodzone Swartklip se nuwe blokman

Swartklip – Die gemeenskap heet Michael Lubbe, Foodzone Swartklip se nuwe blokman, hartlik welkom!
Michael kom oorspronklik van Swartklip af, en het onlangs, vanaf Potgietersrus, weer terug na sy eie weivelde verhuis.
“Dit is lekker om terug te wees tussen bekendes! Ek sien uit om top gehalte diens aan die gemeenskap te lewer,” aldus Michael in ‘n onderhoud met die Platinum Bushvelder.
