Die eerstespan netbal meisies het hulself puik van hul taak gekwyt met ‘n oorwinning van 38-4.
Die eerste span hokkie bokkies het net so goed gevaar!
Daar moet rekening gehou word met díe manne van die Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se eerste rugby span. Hulle het op Saterdag, 21 April, kleingeld gemaak van Hoërskool Ellisras met ‘n oorwinning van 72-3. Welgedaan manne!