Frikkies wen met vlieënde vaandels

Thabazimbi – Die Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) het op Saterdag 29 Julie uitstekende rugbywedstryde gespeel.
Die o/16 span sukkel om aan die gang te kom maar het sterk geëindig toe hulle die wen drie druk na die sirene reeds afgegaan het. Hulle klop hulle opponente 14-12. Die tweede span het ongelukkig 17-13 verloor.
Die eerstespan het teen Ben Vorster gespeel, ‘n span wat die Frikkies drie maande tevore met 44-12 geklop het. Die Frikkies het egter ‘n besondere goeie eerste helfte gespeel en was teen rustyd 16-5 voor. Ben Vorster het die tweede helfte baie goed begin en die wedstryd vir ‘n goeie 20 minute beheer.
Ons seuns het egter terug baklei en veral die laaste 10 minute puik rugby gespeel. William Thulare skop die wen skop oor in die 73ste minuut, en die eerstes wen 19-17. Baie geluk aan elke speler en afrigter.
