Schools & sport

Northmec skenk trofees

25 August 2017 · Platinum Bushvelder

Northmec skenk trofees

Thabazimbi – Die Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) is baie in hul noppies met die skenking deur Northmec Thabazimbi. 

Van links: Klaas Tromp, bestuurder van Northmec Thabazimbi en Henco Smith, onderwyser en afrigter vir toneel.

Op 10 Augustus het Northmec Thabazimbi toneel-trofees aan HFM oorhandig. “Ons is dankbaar vir die skenking. Díe trofees sal aangewend word vir die toneel interhoër,” aldus Henco Smith, onderwyser en afrigter vir toneel.

Northmec Thabazimbi het al verskeie trofees geborg vir HFM. Later vanjaar sal hulle weer skenkings maak vir netbal en rugby. “Ons waardeer jul gesindheid teenoor ons skool en leerders!”