Community

BUCO ploeg terug in gemeenskap

BUCO ploeg terug in gemeenskap

Thabazimbi – In nood, het die Lethabo Daycare Centre in Regorogile, Thabazimbi, ‘n brief aan verskeie besighede gerig en donasies versoek. 


Die briewe is op 17 April uitgereik en het gevra dat die skool addisionele klaskamers moet oprig vir die 73 kinders wat in hulle sorg is. Hulle het gevra vir sement, sink, jojo tenks of finansiële bydraes. 


Dirk Steenkamp, bestuurder van BUCO Thabazimbi en Lyndin Scrooby, werf toesighouer, het ‘n besoek aan die skool gebring om ‘n behoeftebepaling te doen.

Hulle het besluit om sink ter waarde van R3,000 vir die skool te skenk vir die nuwe klaskamers wat hulle bou. 


Die hoof van die dagsorg, Motlalepule Dora Matjila, die onderwysers, en die kleingoed is baie dankbaar vir díe groot donasie. 

Die by Lethabo Daycare Centre in Regorogile.
Lyndin Scrooby en Dirk Steenkamp sit skouer aan die wiel.
Van links: Lyndin Scrooby, BUCO werf toesighouer; Motlalepule Dora Matjila, skoolhoof; en Dirk Steenkamp, bestuurder by BUCO Thabazimbi.

 

More local news