Die Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se hokkie bokkies het kleingeld gemaak van die Ellisras en Hans Strijdom spanne op 5 Mei.
Die uitslae vs Hans Strijdom: die o/14A verloor 3-1; die o/15A wen 5-0; die o/16A wen 2-0; die Tweede span wen 3-0; en die Eerste span 4-2.
Die HFM netbalmeisies het ook goed verdedig teen Ellisras en Hans Strijdom.
Hiermee die uitslae teen Hans Strijdom: die o/14B wen 17-14; o/14A wen 22-10; o/15A wen 41-0; die o/16A wen 33-7; die Tweedes wen 41-3; en die Eerste span wen 51-9.
NETBAL
HFM se Eerste span netbalmeisies, voor van links: Hanré Odendaal, Elsabé du Toit, Nicole de Castro, Kayla van der Merwe, Ruvé Blaauw, en Sonja Terblanché. Agter: Miné Lategan, en Michelle Simpson. Afwesig: Daniëlle Janse van Rensburg.
HOKKIE
HFM se eerste span hokkie wenners, voor van links: Suné Bisschoff, Gerdi du Plessis, Anica Jordaan, en Tasha van Wyk. Middel van links: Carmen Strydom, Marie Pieterse, Adri Vorster, Wilmien Schutte, Jani du Plessis, Megan Stanford, Carien Janeke, en Lara Nel. Agter van links: Mickayla Mulder, Dané Koen, en Jo-Lize Butler.
RUGBY
HFM se eerste rugby span, voor van links: Fanie Baphiwe, Nelson Mamabolo, Elandre de Jager, William Thulare, Carel Rohrbeck, en Tjaart Pelser (Aquaman). Middel van links: Ruan Jordaan, Pieter Viljoen, Nathan Fourie, Diaan Coetzee, Renier van Heerden, Henrico Halgryn, Tsimiswa Nemavhola, Janre Lynn, Victor Potgieter, Anthony Brand, Anema Denton, en JT Grove. Agter van links: Renier Els, Zander de Beer, Anthony Buys, en Heinie Rohrbeck.
MUURBAL
Van links: Edward Bisschoff, Daniel Klipper en JL Steenekamp.
GHOLF
HFM se C-liga span het tydens die Limpopo skole gholf finale teen Hoërskool Pietersburg, Piet Potgieter en Stanford Lake gespeel. Díe span wen die suidstreek asook die provinsiale liga. Dit is die tweede jaar wat HFM ‘n afdeling in die skole liga wen!
JL Steenekamp speel ‘n besonderse rondte en klop al drie sy opponente. Baie dankie aan Thabazimbi Gholfklub wat lesse en klinieke gratis aanbied vir spelers!