Community

Northam VLU ploeg terug in die gemeenskap

Northam VLU ploeg terug in die gemeenskap

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het aan die begin van die winter besluit om ‘n projek aan te pak waartydens hulle blokke gehekel het om komberse mee te maak. 

Agter van links: Chantell Steynberg, skakelbeampte; Celia Goosen, beoordelaar sameroepster en sekretaresse; Riana Oosthuizen, voorsitter; en Natasha Prinsloo, tesouriere. Voor: Nico Els

Elke VLU lid het bydrae gelewer, sommiges het wol gegee en ander het self gehekel. Die komberse is oorhandig aan Nico Els, Annie van Wyk en Hannetjie du Plessis oorhandig. 

Agter van links: Madeleine Meintjes, Riana Oosthuizen, Mari Meintjes, Chantell Steynberg, en Tersia Coetsee. Voor:  Annie van Wyk.

Om deel te wees of enige navrae, kontak gerus die skakelbeampte Chantell Steynberg by 061-326 2724.

Van links: Celia Goosen, Riana Oosthuizen, Chantell Steynberg, Hannetjie du Plessis, Mari Meintjes, Natasha Prinsloo, Marietjie van der Merwe.

More local news