Community

Nag onder die sterre

Nag onder die sterre

Northam – Op 28 Julie het die Nederduits Hervormde Kerk ‘n lieflike aand gehad met die tema ‘Night under the stars with A Touch of Class’.

Attie en Betsie Theron geniet die verrigtinge.

Die gemeenskap het lekker saamgekuier terwyl daar 12 skape op die spit was, waarvan een sommer reeds ‘n peusel-happie was in die saal. Die vure het lekker hoog gebrand, spesifiek om die mense warm te hou op hierdie wintersaand. 

Santa en Butch Anley duidelik bekoor deur die musiek.

Die geleentheid was ‘n groot sukses en is deur bykans 430 mense bygewoon. Daar het selfs mense ingevlieg; op Mawala se vliegveld het sewe vliegtuie gepronk. Evert en Ellen de Beer van Mawala het die hele geleentheid gekoördineer.

Die gemeenskap geniet die lekker samekoms.

Dames van die gemeente het ingespring met pap, sous en slaaie. Karkasse van wild, soos koedoes en blesbokke was opgeveil deur Lang Jaap Meyer- ‘n gewese komediant. 

Heelwat pryse was ook beskikbaar om te wen en was uitgeloot, soos koekies, koesisters en ‘n lekker boskamp by Mawala! Later het die gemeenskap musiek gespeel en lekker gedans, net soos die boere kan.

More local news