BOBAAS HENGELAARS!

Thabazimbi – Die Thabazimbi Hengelklub het die afgelope naweek hul maandelikse kompetisie aangebied by Swartklipdam.
Die opkoms was goed en ondanks die koue weer, het die vis mooi gebyt. ‘n Allemintige barber is deur een van vrouens, Desire Vorster gevang met 'n gewig van 6.63kg.
Wenners is bepaal deur die hengelaars wat die meeste punte bymekaar gemaak het, bereken deur 10 punte per vis en 10 punte per kilogram. Die volgende kompetisie vind in Julie plaas.
Hiermee die wenners: Cubs: 1) Henlo Maritz, en 2) Zayleigh du Preez; Penkoppe: 1) Nathan Murray, 2) MJ Kloppers, en 3) Morne Verster; Dogters: 1) Mikyla Tullues, en 2) Zenishke du Preez; Dames: 1) Diseree Vorster, 2) Marry Kloppers, en 3) Alezea Coertze; Meesters: 1) Jan Bender, 2) Jackie Botha, en 3) Johann Schoeman; Seniors: 1) Deon Bender, 2) Gregory du Plessis, 3) Charles Murray.
