Vadersdag geskenk verpakking by VLU Northam

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Donderdag 14 Junie vergader, waar Anneke Gagiano en Riana Oosthuizen verskeie idees vir geskenk verpakking bespreek het.
Mari Meintjes het die lede op ‘n reis deur die lewe van Ina Lessing geneem, VLU se persoonlikheid van die jaar.
Om deel te wees van VLU Northam tak, of vir navrae, skakel Chantell Steynberg by 061-326 2724.
