Community

Kom ons rol sáám moue op!

Kom ons rol sáám moue op!

Dwaalboom – Rozelle Bester het vroeër die maand ‘n skoonmaakprojek in die gemeenskap geloods te Dwaalboom. Twee skole van Dwaalboom het moue opgerol en kom help om van rommel ontslae te raak.

Díe projek is in ‘n taamlike besoedelde van stapel gestuur, en is nou sommer weer ‘n lus vir die oog.

Rozelle Bester, ‘n plaaslike model en verteenwoordiger van die Miss Earth SA skoonheidskompetisie, het sommer baie planne in die mou. “Ons wil met die projek meer bewustheid skep sodat mense die omgewing vandag beskerm vir more se mense. Ons gaan ook nog skole besoek om die jongklomp te leer dat almal ‘n verskil kan maak,” sê Rozelle in ‘n onderhoud met die Platinum Bushvelder.

Rozelle Bester

 

More local news