Community

Byeenkoms vir seniorlidmate

Byeenkoms vir seniorlidmate

Thabazimbi – Die NG Kerk te Thabazimbi het voorverlede week ‘n samekoms vir hul seniorlidmate gehou. Hulle hou díe tipe saamkuier sowat vier keer per jaar.

Dominee JZ de Jager het na die tafelgebed die gemeentelede wie die maand verjaar hartlik gelukgewens.

Behendige hande is met liefde voorberei: Antionette Brits se ertjiesop en Theresa Cloete Pretorius se groentesop was treffers. Dankie aan Dalien van Dijk, Kobie Blaauw Coetzee, Ronel Greeff, Ronel Joubert, Yvonne van Niekerk, Annelise Kotze en Annetjie Meintjies wat saamgewerk het.

Dankie aan Wessel en Hilda de Clerqc saam met Dalien van Dijk vir die sitrus skenking.

“Mag God se hand oor elkeen van ons wees,” aldus ds JZ.

Die kerk het heelwat sop, brood en lemoene vir die inwoners van Tambotie gegee.

Van links: Dalien van Dijk, Theresa Pretorius, Kobie Coetzee, Ronel Joubert, Antionette Brits en Ronel Greeff.
Karla, Marissa en ds JZ de Jager.
Van links: Baby Seyffret, Barbie Liebenberg, Orgina Bezuidenhout, Ria Stulting, en Annemarie Terblanché.
Van links: Liz van Tonder, Marie du Buys, en Dalien van der Westhuizen.
Van links: Tina du Preez, Dieta Bronkhorst, en Marie Benadé.

 

More local news