Community

Besoek by Margaret Roberts Herbal Centre afgelê

Besoek by Margaret Roberts Herbal Centre afgelê

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak, het op Woensdag, 20 Junie, die Margaret Roberts Herbal Centre te Brits besoek. Sandy Roberts, Margaret se dogter, het die groep vrouens beïndruk met ‘n lesing rondom die gebruik van allerlei kruie. 

Om deel te wees van hierdie dinamiese groep vrouens, skakel gerus vir skakelbeampte Thereasa Tolmay by 072-544 5168.

Pret in een van die lieflike tuine van die Herbal Centre. Voor van links: Josine Hoffman en Gerda Smit, voorsitter van die VLU Zonneblom-tak. Middel van links: Rhona Jacobs en Sus Rohrbeck. Agter van links: Thereasa Tolmay, skakelbeampte; Nellie Vosloo en Magda Meyer, tesourier en beoordelaar sameroepster.

 

More local news