Community

Tyremart Thabazimbi wenners

Tyremart Thabazimbi wenners

Thabazimbi – Tyremart Thabazimbi het ‘n vadersdag kompetisie van stapel gestuur. Baie geluk aan al die gelukkige wenners!

Om te vier is ‘n lekker vadersdagbraai gehou op Saterdag, 16 Junie. Piet Pieterse het van sy spog motors kom uitstal terwyl Thabazimbi Ford ook van hul nuutste modelle kom wys het. Sowaar ‘n lekker vadersdagviering vir die manne! 

Hou hierdie spasie dop vir meer kompetisies vir die jaar!

Baie geluk aan Tyremart Thabazimbi se eerste plek wenner van hul vadersdag promosie. Boeta het weggestap met ‘n R500 Thaba Boog en Hengel koopbewys.
Tweede plek wenner Francois Steyn met sy heerlike biltong ruiker.
Baie geluk aan Rocky Matsemela in derde plek. Rocky het weggestap met ‘n ‘car care’ geskenk.

 

More local news