Schools & sport

Michelle, atleet by bestek!

6 July 2018 · Platinum Bushvelder

Michelle, atleet by bestek!

Thabazimbi – Michelle Stassen van Thabazimbi het beïndruk met haar tyd 8 ure en 10 minute in die onlangse Comrades Marathon te Durban.

Van al die vrouens wat die Comrades voltooi het, was Michelle 61ste. Michelle hardloop vir KPMG en het die jaar ook ‘n tweede keer in ‘n ry die 1ste prys vir die ope vroue span van die Comrades.

In ‘n onderhoud met die Platinum Bushvelder vertel Michelle dat sy gemotiveerd is en haar tyd sal verbeter volgende jaar.

Haar pa Mike Nortje en suster Sonja vergesel altyd vir Michelle ter ondersteuning.

Van links: Mike Nortje en Michelle Stassen