Community

Fondsinsameling vir VLU Zonneblom-tak

Fondsinsameling vir VLU Zonneblom-tak

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak, het op Woensdag 27 Junie en 4 Julie, heerlike disse verkoop as deel van hul fondsinsameling vir hul tak by Thabazimbi se veiling.

Die mense het heerlik gesmul aan die kerrie en rys, worsbroodjies en pannekoek. 

Om deel te wees van hierdie dinamiese groep vrouens, kontak skakelbeampte Thereasa Tolmay gerus by 072-544 5168.

Zonneblom verteenwoordigers by die 4de Julie verkope, van links: voorsitter van VLU Zonneblom Gerda Smit, skakelbeampte Thereasa Tolmay, Josine Hoffman, en tesourier en beoordelaar sameroepster Magda Meyer.

 

More local news