Schools & sport

5de Jaar Gholfbane toe!

1 September 2017 · Platinum Bushvelder

5de Jaar Gholfbane toe!

Thabazimbi – Die Laerskool Thabazimbi het op 26 Augustus vir die vyfde jaar hul gholfdag aangebied by die Thabazimbi Gholfklub. Hierdie gholfdag vorm deel van die skool se jaarlikse fondsinsamelingsprojek ter aanwending vir die onderwys en opvoeding vir die kinders. Die wins word teruggeploeg in die skoolfondsrekening. 

Dit was ‘n heerlike, bewolkte dag en die kinders kon hulself vermaak en op die springkasteel. Met bykans 90 spelers wat by hierdie dag kom inskryf het, was die dag inderdaad ‘n groot sukses!
Die wenners vir die dag is as volg:

Eerste plek: H du Toit en  R du Toit met 56 punte
Tweede plek: J van Eyssen en G van Zyl met 54 Punte
Derde plek: R Botha en S Haultzhaizen met  53 Punte
Laerskool Thabazimbi bedank ieder en elkeen vir hul ondersteuning. 
 

Van links: Gerhard Rugter, AJ Jonker, Casy Hol, en Keith Hol.
Johan van Graan , Thabazimbi Gholfklub kaptein.
Van links: Antonie Lotter en Barend Gerber – trots op mekaar se puik spel!