Community

KONINKLIKE VERSIERINGS

KONINKLIKE VERSIERINGS

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op 2 Augustus ‘n besoek gehad van Ria Strydom, voorsitter van die Bosveldstreek. 


Tydens die besoek is daar met die lede gesels oor wat VLU beteken vir vandag se vroue. 
Ook is daar ‘n koninklike versiering (Royal Icing) demonstrasie deur Ria Strydom vir die lede aangebied. Mari Meintjes het ook riglyne en wenke gedeel oor malva lekkers. 


Om deel te wees van VLU Northam of vir addisionele informasie, skakel Chantell Steynberg by 061-326 2724.

Aitsa! Tersia Coetzee, Hannetjie du Plessis, Marietjie van der Merwe en Annette Botha hard aan die werk met hul koekies.
Ria Strydom, Bosveldstreek voorsitter, demonstreer koninklike versiering van koekies.

 

More local news