Hengelaars trek grótes uit!

Thabazimbi – Die Thabazimbi Hengelklub het die afgelope naweek puik presteer tydens ‘n hengel kompetisie by die Swartklipdam.
Wenner is bepaal deur die hengelaars wat die meeste punte bymekaar gemaak het, naamlik 10 punte per vis en 10 punte per kilogram.
Die volgende kompetisie is by Fyndraai gedurende die naweek van 1 September en sal oornag geskied.
Hiermee die Swartklipdam kompetisie resultate:
Cubs: 1) Henlo Maritz, 2) Andre Blom, en 3) Joe Kloppers
Penkoppe: 1) Morne Verster, en 2) Nathan Murray
Dogters: 1) Marijuze Parau
Juniors: 1) JP Nortier, 2) Dylan Nortier, en 3) Marinus Viljoen
Dames: 1) Diseree Vorster, 2) Alida Nortier, en 3) Marry Kloppers
Meesters: 1) Jan Botha, 2) Jackie Botha, en 3) Nicolene Heydenrych
Seniors: 1) Gregory du Plessis, 2) Joe Kloppers, en 3) Kobus Du Preez
